Tags

, ,

Ek lees nou die dag erêns, dat die skrywer glo nie ‘n groot aanhanger is van die traditionele ontbyt ‘pap’ of ‘porridge’  nie. Nou kyk, ek kan dit baie goed verstaan. As kind was dit my Pa se taak om soggens ontbyt te maak en te sorg dat sy drie dogters ontbyt eet voor skool.  Soos enige ouer sal weet, nie altyd die maklikste taak nie. Maar so was ons dan verplig om soggens hawermout of maltabella of slap mieliepap te eet. Vrydae oggende is ons egter bederf met ‘n gebakte eier, spekvleis.. en sal ek dit ooit vergeet: ‘n gebraaide piesang…mmmm. Maar terug na die ‘pap’ toe. Ek is nou in my ‘naughty-forties’, en dis eers sedert ek getroud is vier jaar gelede, dat ek dit weer kon reg kry om my mond aan ‘pap’ vir ontbyt te sit. En dit alles te danke aan my liewe man. Hys darem maar baie lief vr sy bordjie gekookte pap in die oggende en dis ongelooflik hoe aansteeklik dit is as mens jou geliefde sien weg lê aan ‘n bord hawermout of slap mieliepap. Die du Preez’s kinders het egter ander gewoontes as die Nel kinders gehad, en man sal altyd eers suiker(of goue stroop!), melk en ‘n vet klontjie botter op stapel voor ek ‘n sag, gebakte eiertjie mag bo op skep. My gusteling is heuning en geroosterde amandels op oats, en dan sal ek maar liewer daai oggend ‘n gebakte eiertjie afstaan. So onthou ek my Oupa was weer lief vir ‘n telepel vol Marmite op sy mieliepap. Wat is jou gunsteling gekookte pap, en wat onthou jy van jou kinderdae? Deel gerus met ons.

Wel nou gaan ek eers weg le aan my bordjie hawermout met heuning en neute. Geniet die Ontbyt…..

Advertisements