Vandat ons op die Platteland woon, vat dit so bietjie meer ‘effort’ om my man op die Lughawe te gaan haal na sy skof in die buiteland. Kry ek hom daar, is dit gewoonlik ses uur soggens. Dan klim hy poot uit, ‘jet-lagged’ en flou van die honger in die kar. Aangesien hy gewoonlik net wil huis toe kom en dit te vroeg is vir die stads-restuarante, ry ons gewoonlik dadelik huis toe, platteland toe. Nie gewoond om ‘padkos’ te pak as ek hom gaan oplaai nie, ry ek baie opgewonde die eerste keer om hom te gaan haal. Halfpad huis toe kos dit my toe sy honger stil met ‘n ‘garage-pie’…ouch! Nooit weer nie…. Nous ek voorbereid.

Smul die week saam met ons aan ‘n Ontbyt-piekniek-mandjie, spesiaal vir hom aan mekaar gesit, as ek hom die 12de gaan oplaai by OT Lughawe. Vinnige, aand voor die tyd geregte en dis so maklik.

Ek gaan sukkel om te konsentreer as ek moet huis toe bestuur met ‘n smullende passasier langs my. Hoop maar hy gaan my ‘n happie gee…

Ontbyt Piekniek Mandjie

 Bloubessie en heuning smoothies

Mini phyllo frittata’s met spekvleis, bloukaas en chives

Snoep skaapworsies sosaties

Donker sjokolade en piesang muffins

Bloubessie ‘smoothies’: Meng saam in ‘n versapper: ½ koppie gevriesde bessies, 2 x 175ml houertjies gewone/vanilla yoghurt, heuning na smaak, melk(genoeg om die smoothie loperig te maak sonder om dit te dun te maak). Giet in ‘reisigers-koppies’, maak mooi toe en plaas in ‘n koelhouer.

Mini phyllo frittata’s: Voer twee individuele pannetjies met 2-4 velletjies phyllo deeg, smeer eers elke velletjie met olie. Plaas dan die velletjies op mekaar en druk af in die vorm van die pannetjie.Meng saam: 2 eiers, vars room/melk, gakapte grasuie, gebraaide spekvleis, gekrummelde bloukaas. Geur na smaak. Giet in die pannetjies. Bak tot gestol, laat afkoel en verwyder uit die pannetjies. Plaas in ‘n piekniek-houer wat behoorlik kan seël. Maak seker die frittatas is goed afgekoel voor jy die houer toe maak. Plaas ‘n bietjie suurroom in die middle van elke frittata en garneer met vars kruie.

Snoep skaapworsies sosaties: Rol dun skaapworsies op en ryg op ‘n sosatiestokkie. Rooster in die oond tot bruin en gaar, verwyder uit die pansous en laat afkoel op ‘n rakkie sodat al die olie en pansous kan afdrup. Plaas die koel sosaties in ‘n bakkie wat kan seel. Bere in die koelhouer.

Donker sjokolade en Piesang Muffins: Meng al die bestanddele saam, skep in gesmeerde muffin pannetjies en bak in ‘n voorverhitte oond van 180˚C. 250 ml bruin broodmeel, 5 ml bakpoeier, 3 ml fyn kaneel, knippie sout, 250 ml all bran flakes, 1 eier, 80 ml olie, 75 ml suiker, 50 ml melk, 2 fyngedrukte piesangs, 50 g gekapte donker sjokolade

Advertisements