Tags

, ,

In Suid Africa word ‘St Patrics day’ nie algemeen gevier nie, en is dit nie noodwendig ‘n belangrike dag vir ons nie. Gedurende 2008 het ek egter die voorreg gehad om drie weke in Ierland te spandeer. Terwyl man gewerk het, het ek die mooi, groen land verken. Aangesien dit my eerste ‘oorsee’ was, sal Ierland altyd ‘n spesiale plekkie in my hart hê. Baie van my gunsteling geregte en resepte word ok tipies Ierland geinspireer. Ek het hierdie stukkie(Saint Patrick’ day Info) op die internet raak geloop saam met ‘n heerlike IRSH COFFEE reseppie. Wat’s nou lekkerder, veral op ‘n heerlike, bewolke dag soos vandag, as ‘n lekker koppie koffie, en boonop met ‘n ‘knertsie’-lekkerdete in….

ST. PATRICK’S DAY IRISH COFFEE RECIPE
¾ cup  of hot coffee
2         teaspoons of sugar
45 ml   of Irish whiskey
Heavy cream for whipping

Whip the cream ahead of time. Combine the other ingredients, mix until sugar dissolves. Top it off with the whipped cream.

Probeer ook:

White Soda Bread

Irish lamb stew

PS……Dink Chris, my dierbare man, sal eerder ‘n lekker yskoue Guiness geniet, of hoe praat ek nou, my man

Advertisements